Mnr Engelbrecht ontvang ‘n LITUM-prys van die Wes-Kaap Onderwysdepartement namens Laerskool Welgemoed, vir volgehoue prestasie in Huistaal en Wiskunde van Gr 3- en Gr 6-leerders. Hierdie prestasie plaas die skool in die top 10 presterende skole in die Wes-Kaap. Van links na regs is minister Debbie Schäfer, mnr J. Engelbrecht (skoolhhoof) en mnr Brian Schreuder (HOD).