LAERSKOOL WELGEMOED
KYK VOORUIT
VISIE
Waar elke kind in ‘n geborge omgewing voorberei word vir hul toekoms.
MISSIE
Laerskool Welgemoed streef voortdurend na akademiese uitnemendheid en hoë standaarde op kulturele en sportgebied. Ons glo in die proaktiewe bestuur van verandering en die vind van kreatiewe oplossings vir uitdagings. Met liefde en deernis lei en vorm ons ons leerders om gelukkige, goed toegeruste en gebalanseerde skoliere te wees wat met selfvertroue die uitdagings van vandag én môre kan aanpak.
BAIE WELKOM BY LAERSKOOL WELGEMOED: DIE HUIS VAN DIE BLESSIES
Laerskool Welgemoed het in 1965 ontstaan met 41 leerders en twee opvoeders. Die skool is gehuisves waar Pick ‘n Pay tans geleë is. Getrou aan sy leuse, “Prospicimus”, – Kyk vooruit – het die skool gegroei en uitgebrei, danksy toegewyde hulp en samewerking van ‘n betrokke ouergemeenskap. Laerskool Welgemoed is tegelykertyd dankbaar en trots om te kan sê dat ons oor uitstekende fasiliteite beskik in ‘n bykans volmaakte omgewing. Die leerdertal het tot op hede gegroei tot ongeveer 800 leerders.
Laerskool Welgemoed is ‘n parallelmediumskool met ‘n trotse tradisie en het al verskeie uitblinkers opgelewer.
Dit is ons strewe om ‘n warm, ontspanne atmosfeer te skep waarin kinders gekoester word en ons ons missie uitleef om leerders te lei sodat hulle hul talente optimaal kan benut in ‘n klimaat van liefde en sekuriteit.
Ons is uniek in die sin dat ons ‘n betreklike klein skool is, maar ons leerders blootgestel word aan ‘n breë spektrum aktiwiteite: akademiese uitnemendheid, sport, kuns en kultuur, asook leierskap.
BLESSIETROTS
Ons skoolwapen is ‘n bleshoender en hier word elke kind ‘n “Blessie” en is dadelik deel van die “Blessiefamilie”.
Ons gelukbringer, Blessie, kom kuier gereeld by ons leerders.
BLESSIES OP DIE WEB

NUUS BERIG 4
Se as nonserrovid quunt exped moluptatur sim cone simodi simolup tincia volupta verem utem.

NUUS BERIG 3
Se as nonserrovid quunt exped moluptatur sim cone simodi simolup tincia volupta verem utem.

NUUS BERIG 2
Se as nonserrovid quunt exped moluptatur sim cone simodi simolup tincia volupta verem utem.