LAERSKOOL WELGEMOED

KYK VOORUIT

VISIE

Waar elke kind in ‘n geborge omgewing voorberei word vir hul toekoms.

MISSIE

Laerskool Welgemoed streef te alle tye na akademiese uitmuntendheid en hoë standaarde op kulturele- en sportgebied. Ons glo aan proaktiewe hantering van verandering sodat kreatiewe oplossings gevind kan word vir probleme. Dit is ons missie om ons leerders met liefde en deernis op te voed sodat hulle as gelukkige, goed toegeruste en gebalanseerde skoliere suksesvol die uitdagings van die hede en toekoms die hoof kan bied.

BAIE WELKOM BY LAERSKOOL WELGEMOED
DIE HUIS VAN DIE BLESSIES

Laerskool Welgemoed het in 1965 ontstaan met 41 leerders en twee opvoeders. Die skool is gehuisves waar Pick ‘n Pay tans geleë is. Getrou aan sy leuse, “Prospicimus”, – Kyk vooruit – het die skool gegroei en uitgebrei, danksy toegewyde hulp en samewerking van ‘n betrokke ouergemeenskap.
Laerskool Welgemoed is tegelykertyd dankbaar en trots om te kan sê dat ons oor uitstekende fasiliteite beskik in ‘n bykans volmaakte omgewing. Die leerdertal het tot op hede gegroei tot ongeveer 800 leerders.
Laerskool Welgemoed is ‘n parallelmediumskool met ‘n trotse tradisie en het al verskeie uitblinkers opgelewer.

Dit is ons strewe om ‘n warm, ontspanne atmosfeer te skep waarin kinders gekoester word en ons ons missie uitleef om leerders te lei sodat hulle hul talente optimaal kan benut in ‘n klimaat van liefde en sekuriteit.

Ons is uniek in die sin dat ons ‘n betreklike klein skool is, maar ons leerders blootgestel word aan ‘n breë spektrum aktiwiteite: akademiese uitnemendheid, sport, kuns en kultuur, asook leierskap.

BLESSIETROTS
Ons skoolwapen is ‘n bleshoender en hier word elke kind ‘n “Blessie” en is dadelik deel van die “Blessiefamilie”.
Ons gelukbringer, Blessie, kom kuier gereeld by ons leerders.

BLESSIES OP DIE WEB