KARAKTERKLUB
Die skool se karakterprogram leer ons jong Blessies die kernwaardes deur karaktertemas per kwartaal te behandel.
Die 5 pilare van die karakterklub is gekies in samewerking met ouers en leerders en is respek, self-dissipline, verantwoordelikheid, omgee en eerlikheid. Hierdie is die gekose karaktereienskappe wat Laerskool Welgemoed by leerders wil kweek.
Die karakterklubkomitee bestaan uit ouers en onderwysers en lei ons leerders deur middel van welwillendheidsprojekte soos pretlope, praatjies oor natuurbewaring en prettige kunsprojekte soos klippies verf vir die Karaktervoetpad wat geleë is in die skool se tuin. Gedurende die jaarlikse “Blessie Care Week” word kos, klere en noodsaaklike produkte ingesamel om minderbevoorregte skole en areas te ondersteun.
Ons leerders kry die geleentheid om hul medemens te help, maar ook om as jongmense te leer dat “gee” nie altyd ‘n tasbare item hoef te wees nie. Leerders leer dat “gee” ook kan manifesteer as respek vir jou maats en verantwoordelikheid vir ons skone natuur. Bo alles wil ons die leerders herinner aan die waarde wat hul kan toevoeg tot die samelewing: maak nie saak hoe jonk hulle is nie!
Die karakterklub leuse ly: Laerskool Welgemoed: Waar karakter skitter.