SPORT

 

Die Sportkantoor sien om na alle fasette van die sportaktiwiteite van die skool. Afrigting word deur opvoeders sowel as gekeurde buite-afrigters na skool hanteer. ‘n Wye verskeidenheid sportsoorte word aangebied. Kostes vir alle sporte is ingesluit by die skoolfonds. ‘n Sportkomitee stel ouers in staat om aktief betrokke te wees by die skool se sport.

Daar is ‘n Fitbox-gimnasium op die skoolgronde geleë en al die graadgroepe kry weeklikse, multifunksionele fiksheidsonderrig. Sportspanne kry addisionele geleenthede om die geriewe te gebruik.

Sportspanne gaan gereeld op toere na dorpe soos Knysna, Hartenbos en Citrusdal. Leerders kry die geleentheid om nuwe vriende te maak en in nuwe omgewings mee te ding.

SOMERSEISOEN

ATLETIEK

KRIEKET

TENNIS

SWEM

WINTERSEISOEN

SKAAK

RUGBY

NETBAL

HOKKIE

SPORTBESTUUR