GERIEWE

Dit is die skool se strewe dat ons leerders, afgesien van die akademie, hulself ook op sport– en kultuurgebied moet kan uitleef en dit geniet. Die beginsel van ’n gesonde liggaam wat ’n gesonde gees huisves, is vir ons belangrik. Dit sal nie net die leerders op sport– en kultuurgebied help nie, maar ook van groot waarde wees wanneer die leerders vir hul akademie moet voorberei. Daar word gepoog om genoegsame geleenthede vir deelname aan ’n verskeidenheid aktiwiteite te skep. Die elemente van kompetisie en genot moet hand aan hand loop. ‘n Wye verskeidenheid aktiwiteite word deur Laerskool Welgemoed aangebied. Ons bied:

Uitstekende akademiese onderrig

‘n Dinamiese personeel wat uitstekend toegerus is vir hul taak

Aan elke kind die geleentheid om volgens sy / haar eie vermoëns te presteer

Remediëring deur bekwame onderwysers

‘n Nasorgsentrum met bekwame optimum prestasie onderwysers

Leierskapontwikkeling

Opvoedkundige uitstappies

Erkenning aan alle leerlinge vir deelname aan aktiwiteite binne en buite skool

‘n Georganiseerde skoollewe waar u kind in geborgenheid aangespoor word tot optimum prestasie

FISIESE GERIEWE
Laerskool Welgemoed beskik oor ‘n sintetiese multi-funksionele veld van die beste gehalte, ‘n rugbyveld en sosiale klubhuis genaam Die Blessienes wat beskik oor kombuis en braaigeriewe. Vier netbalbane / tennisbane maak massadeelname moontlik vir ons leerders. Daar is ‘n Fitbox-gimnasium op die skoolgronde geleë en al die graadgroepe kry weeklikse multifunksionele fiksheidsonderrig. Sportspanne kry addisionele geleenthede om die geriewe te gebruik. Die skool bestuur ook die Blessiespens skoolsnoepie waar ‘n verskeidenheid van lekkernye en warm etes vir ons leerders beskikbaar is.

TERREINPERSONEEL